Huldeblyke stroom in vir Cora-Lee

Huldeblyke stroom in vir Cora-Lee

Huldeblyke aan Cora-Lee Jansen van Vuuren (16), wat Saterdag in haar slaap gesterf het. Die oorsaak van haar dood is nog onbekend.
‘n Vriendin van Cora-Lee, Monya Landman, het haar as ‘n rolmodel vir baie meisies beskryf. ‘’Haar goeie gesindheid het net so ‘n groot invloed op ‘n mens gehad,’’ het sy vertel.
Cora-Lee se glimlag is iets wat almal wat haar geken het, altyd sal bybly. Sy sal onthou word vir haar stralende persoonlikheid en laat ‘n groot leemte in baie harte.
Hoërskool Marais Viljoen, waar Cora-Lee in graad 11 was, het Sondag ook hul innige simpatie aan Cora-Lee se ouers, familie en vriende betoon. ‘’Ons as skool betreur haar skielike afsterwe,’’ het hulle geskryf.
Die tame TIMES span se gedagtes en gebede is met Cora-Lee se naasbestaandes.