Marais Viljoen kraai koning in Easterns Coke Krieketreeks

Marias Viljoen se o/16-krieketspan het op 6 Februarie die Easterns se Coke T20-reeks gewen toe hulle op St Dunstans se A-veld in die finaal teen Hans Moore te staan gekom het.  

Marais Viljoen het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.

MV Coke 16 maak 157/7 in 20 beurte en haal Hans Moore Coke 16 uit vir 82 in 18.3 beurte.  MV16 wen met 74 lopies.

Uitslae: 

MV Coke 16 maak 157/7 in 20 beurte en haal Hans Moore Coke 16 uit vir 82 in 18.3 beurte.  MV16 wen met 74 lopies.
Tyrone Verrall 48 lopies (34)
Ronan Bernard 33 lopies (29)
Enrico Potgieter neem 5 paaltjies vir 8 lopies in 4 boulbeurte
FC Kotze neem 2 paaltjies vir 17 lopies in 3.3 boulbeurte