Rus in Vrede Herbie Thompson

Die familie van Herbie Thompson, wat op 8 Oktober by die Engen vulstasie in Kritzingerweg aan ‘n hartaanval beswyk het, wil graag hul opregte dank betoon aan die dame wat Herbie se vrou, Monica, geskakel het om haar in te lig dat Herbie inmekaar gesak het.

Herbie se stiefkinders het probeer om die dame op te spoor deur middel van die videomateriaal verskaf deur die vulstasie, maar kon ongelukkig nie ‘n positiewe identifikasie maak nie.

Die familie sal dit uiters waardeer indien die dame hul kan kontak op 076 023 5686.

22-herbie