Tannie Trixie se Tips

Tannie Trixie se Tips

Om ’n poets te bak is seker een van die lekkerste maniere om ’n laggie in te kry wanneer jy dit nodig het. ’n Ruk gelede het Gysie vir my vertel van iemand wat al tyd klein stukkies toilet papier – of soos hy dit noem – toiletpapiertjies – oral in sy huis gelos het. Die dame was glo vreeslik bang vir kieme en het nie die toiletpapiertjie verwyder wanneer sy klaar is nie, want dan moet sy weer aan iets anders vat om dit weg te gooi.

Dit is nou nie veel van ’n poets nie, maar ek dink toe dit sal baie snaaks wees om een aand laat toiletpapiertjies oral neer te sit. Die arme man het niks agter gekom tot die volgende oggend toe hy sy tande fl os nie. Hy kyk na die kraan en sien die toiletpapiertjie rondom gedraai, dink nie veel daarvan nie en haal dit af om weg te spoel in die toilet.

Toe hy egter by die toilet kom, raak hy yskoud. Daar, bo-op die knoppie wat jy druk om die toilet te spoel, lê – ja – ’n toiletpapiertjie. Gysie was in ’n toestand. Hy trap die honde uit omdat hulle nie die indringer aangeval het nie. Hy laat sy familie weet dat daar waarskynlik ’n spook is. Hy wonder vir dae oor hierdie storie, maar dink nie daaraan om vir my te vra waar die toiletpapiertjies vandaan kom nie. Uiteindelik het ek maar gevra of hy dit ooit raakgesien het. Gelukkig was hy nie te kwaad vir my nie en ons lag lekker daaroor. Tip: ’n Mens is nooit te oud om ’n poets te bak nie, al is dit hoe simpel.