Tannie Trixie se Tips

Tannie Trixie se Tips

Skaars het ons by die huis gekom, en daar groet beide ons koffiemasjien en ons mikrogolf oond. Gysie het die twee items vir spotgoedkoop gekry by die een of ander pandjieswinkel. Daai soort wat die vensters swart geverf is en ‘n grys kat op ‘n verwaarloosde bank vir jou lê en kyk. Nou ek is een van daardie mense wat my melk kook voor ek die koffie bygooi. Koffi e wat gebrou is in ‘n koffiemasjien. Wat nou gemaak? Ek kry toe nou maar ‘n klein botteltjie koffie, van daai wat sê “freeze dried”. Melk in ‘n potjie op die stoof. Wel, nou moet ek ‘n nuwe potjie ook aanskaf. Ek sê vir Gysie hy moet nou maar oë toeknyp en sy beursie oopmaak, want hierdie koffie liefhebber gaan dit nie oorleef nie. Min wetende hoe heng duur die goed is! Maar dit het ek mos nou self geleer; goedkoop koop is duur koop. Daai twee items het ons nie eens agt maande gehou nie! Ja, met party items kan mens inderdaad met die goedkoopste opsie wegkom, maar sodra daar drade en ratjies betrokke is, dan moet jy maar weet jy koop vir jou ‘n kat in die sak. So ry ons toe nou huistoe met ‘n spik-splinternuwe mikrogolf oond (sommer ‘n 40 liter), ‘n pragtige swart en silwer koffi emasjien (wat alles doen behalwe die koffi e roer), en ‘n nuwe stel potte met glasdeksels (sodat Gysie kan ophou die deksel oplig om te koekeloer terwyl ek kook). Dis ‘n groot geleentheid, so vriende en familie word oorgenooi sodat ek my nuwe kombuis speelgoed sommer behoorlik kan uittoets. Wel, ek gaan nou eers vir my en Gysie ‘n lekker koppie koffie met warm melk gaan maak. Tot volgende week! Tip: Goedkoop koop is duur koop. Doen jou huiswerk voor jy spandeer. Nog ‘n tip: Moenie wag vir ‘n geleentheid nie; nooi sommer vandag nog jou geliefdes oor vir ‘n koppie koffi e