Tannie Trixie

Tannie Trixie

Ek en Gysie sit hierdie naweek so en gesels oor dom dinge wat ons en ons vriende aangevang het toe ons jonger was. Daar is een storie wat hy vertel waarvoor ek net nie moeg raak nie. Elke keer wat hy die storie vertel, lag ek myself pap.

‘n Vriend van hom was in ‘n vreemde verhouding gewees met ‘n jong dame. Dit was ‘n konstante bakleiery en almal het geweet dit gaan nie lank hou nie. Een aand ry die twee in haar motor en baklei, soos gewoonlik, soos kat en hond. Nou ‘n mens maak soms leë dreigemente, soos byvoorbeeld dat jy uit die motor gaan spring indien die ander party nie stop met hul nonsense nie.

Hierdie was egter nie ‘n leë dreigement nie. Sy het nog so gegil en geskree, toe besluit hy dat dit nou tyd is om uit die motor – en sommer ook uit die verhouding te kom. Hulle het seker so 60 gery, toe maak hy die deur oop en spring uit.

Hy besef vandag dat dit dalk effe dramaties was, maar dit bly ‘n lekker storie om te vertel!

TIP: indien jy ooit jouself in die posisie bevind waar jy uit ‘n bewegende voertuig spring teen 60km/h, ‘’tuck and roll’’!